KRIEKET: Dit was ‘n lopiefees en ‘n rekord wat moontlik nie sommer maklik gebreek sal word nie.

Die krieketspan van die Hoërskool Die Anker in Brakpan het verlede naweek in ‘n 50 boulbeurt wedstryd teen Springs Boys’ High ‘n allemintige 750 / 7 aangeteken en daarna die besoekers vir net 52 lopies uitgehaal.

Die tuisspan se uitblinkers was Matthew Smith wat 241 van 76 balle aangeteken het terwyl sy kolfvennoot Joshua Kaltwasser 168 lopies van net 80 balle gemoker het.

Springs se kolwers het ook nie antwoorde op Jaco Jansen en Quinton Mamayo  se akkurate boulwerk gehad nie waar beide spelers 5 paaltjies elk laat kantel het.

Die Anker speel môre teen Hoërskool Alberton in hul 2de liga wedstryd van die seisoen en volgens afrigter Clayton August sal die span ‘n reuse aanslag van die besoekers af kan verwag – Of is dit nou andersom?

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×