KRIEKET – Krieket Suid-Afrika het ook sy nominasielyste bekend gemaak vir die jaarlikse KSA toekennnings na ’n onvergeeetlike 2022-23 seisoen in die pas afgelope Suid-Afrikaanse somer.
Onder die genomineerdes is Temba Bavuma, Aiden Markram , Anrich Nortje en David Miller terwyl Marizanne Kapp, Laura Wolvaardt en Shabnim Ismail die beste vertonings in die vroue afdeling gelewer het.
Die Protea kaptein Bavuma is in 4 kategorieë benoem onder andere die S.A mans sowel as Eendag en Toetsspeler van die Jaar terwyl die blitsbouler Nortje ook in 4 kategorieë pronk en homself ook tans onder die top 10 boulers op die Internasionale Krieket Raad se wêreldranglys bevind.
Die jongelinge Gerald Coetzee , Tony de Zorzi en Tristan Stubbs is in die kategorie Internasionale Nuwelinge van die Jaar benoem.
Die 2023 KSA toekennings seremonie sal op 7 Julie plaasvind by Vodaworld in Midrand en sal ook die eerste keer weer ’n in-persoon geleentheid wees seder die Covid-19 inperkings.