Krieket Suid-Afrika het kritiek ontvang oor hulle besluit om nie die hersienings stelsel vir skeidsregters se besluite oftewel die DRS stelsel vir die Protea en Engelse vroue se toetswedstryd te implementeer nie.

KSA wou nie R880 000 betaal vir diè stelsel nie ondanks die feit dat hulle in die 2023/24 finansiële boekjaar ‘n R815 miljoen wins gemaak het.

Volgens die kaptein van Engeland se vroue krieketspan Heather Knight verwag hulle as spelers dat DRS deel van ‘n wedstryd sal wees en het gesê dat dit veral in toetskrieket van kardinale belang is waar paaltjies die verskil tussen wen en verloor kan wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×