KRIEKET – Die Lions se jong nuwe snelboulvonds Kwena Maphaka was die held vir sy span in die afgelope naweek se T20-wedstryd teen die WP toe hy sy span met 1 lopie help wen het.
Die WP het 127 / 9 aangeteken en toe so bietjie Hoëveldse reën op die Wanderers uitsak moes die Lions ’n hersiende teiken van 51 lopies in 7 beurte jaag.
Met die aanbreek van die Super-Boulbeurt het die Kapenaars 10 lopies op die telbord geplaas en dis hier waar Maphaka – wat ook die ster van die Suid-Afrikaanse o.19 span in die afgelope WB-toernooi was – senuwees van staal getoon het en die die Protea spelers George Linde en Kyle Verreynne beperk het tot 9 lopies.
*In nog ’n wedstryd wat ook Sondag deur reën ontwrig in Gqeberha het die Warriors hul onoorwonne status behou deur die Rocks te geklop het met 32 lopies volgens die DLS-metode.