KRIEKET – Die Proteas se vroue kaptein Laura Wolvaardt het die Internasionale Krieketraad se kortlys vir beste vrouespeler van die maand van April gehaal na haar spogvertonings die afgelope paar weke.

Wolvaardt het in die eendagreeks teen Sri Lanka die wilgerlat lekker rondgeswaai en 335 lopies in 3 wedstryde opgestapel.

Saam met haar op diè lys is Sri Lanka se kaptein Chamari Athapathtu wat ook die 3de hoogste telling deur ’n vrou in internasionale krieket naamlik 195* behaal het terwyl die ander kandidaat Hayley Matthews van die Wes-Indiese Eilande is. Beide het al diè toekenning ontvang terwyl dit Wolvaardt se 4de benoeming sal wees.

*Die mans se Speler-van-die-Maand kortlys is Muhammad Wasseem van die Verenigde Arabiese Emirate , Pakistan se Shaheen Shah Afridi en die Namibiër Gerhard Erasmus.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×