Die Leeus krieketspan het hulle plek in die eindstryd van die KSA T20-uitdaagreeks bespreek na ‘n gemaklike 7 paaltjie oorwinning oor die Titans.
Die Proteakolwers, Reeza Hendricks en Rassie van der Dussen, staan uit vir die Johannesburgse span in die wen.
Hendricks se 43-bal 61 en Van Der Dussen se onoorwonne 37-bal 40 kry hulle span tot die 116 lopie teiken in 16 boulbeurte.
Die Titans is nie heeltemal uitgeskakel nie, en sal Vrydag teen die wenner van vandag se uitspeelronde te staan kom.
Dit is die Noordwes Drake wat teen die Westelike Provinsie te staan kom op Senwes Park van sesuur vanmiddag.