Die Lions het gewys dat hulle verdien om vir die tweede agtereenvolgende jaar as die KSA T20-kampioen gekroon te word nadat hulle die Titans in Sondag se eindstryd op die Wanderers met agt paaltjies kon troef.
Die besoekers het eerste gekolf en kon slegs 119 lopies bymekaar maak. Lutho Sipamla het geskitter vir die tuisspan en 4 / 12 in sy 4 beurte laat kantel.
Daarna het die Lions se Rassie van der Dussen en Connor Esterhuizen die krane oopgedraai in ’n vennootskap van 98 om die derde paaltjie waarna hulle die wenteiken in die sestiende boulbeurt bereik het.
Nieu-Seeland het ook geskiedenis gemaak nadat die Swart Pette Indië vir die eerste keer in 69 jaar in ’n reeks in Indië kon troef.
Die besoekers het die tuisspan met 113 lopies op Dag 3 verinneweer en sodoende ook die einde van ‘n goue era van sterspelers soos Rohit Sharma en Virat Kohli ingelei.
Indië is ’n teiken van 359 gestel maar die Speler-van-die-Wedstryd, Mitchell Santner, was absoluut briljant waar diè linsdraaier 13 paaltjies platgetrek het vir slegs 157 lopies.
Die laaste wedstryd in die reeks, wat bloot van akademiese belang is, begin Vrydag in Mumbai.