KRIEKET – Die Lions is as die 2024 KSA T20 kampioen gekroon na ‘n sprankel sege oor Dolphins met 7 paaltjies op die Wanderers in Johannesburg.

Die besoekers het ’n gemiddelde telling van 165 / 8 aangeteken met Jason Smith wat alleen uitgeblink het met sy bydrae van 51 lopies.

Daarna het die 2 Protea spelers Reeza Hendricks en Wiaan Mulder die oorwinning vir die tuisspan verseker met beurte van 73* en 55*.

*Die Lions is ook as die 4-Dag kampioen gekroon nadat diè Gautengse span met die Westelike Provinsie verlede maand afgereken het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×