Die voormalige Proteavroue aanvangskolwer, Lizelle Lee, het ‘n rekord verbeter in Australië se Big Bash-krieketliga verbeter.

Die 32-jarige Lee het ‘n onoorwonne 150-lopies geslaan van slegs 75 balle, waar sy 24 keer die grens gevind het met 12 viere en 12 sesse.

Dit is die hoogste individuele telling in die kompetisie se nege jaar geskiedenis, met Lee wat die rekord van Grace Harris verbeter het, waar sy verlede jaar 136 lopies gemaak het.

Lee se bydra aan die Hobart Hurricanes se kolfbeurt het gesien dat hulle 203-vir-drie op die kolfblad sit, waarna hulle die Perth Scorchers almal uitgehaal het vir 131 lopies in die laaste boulbeurt.

error: Inhoud is beskerm !!