KRIEKET – In die plaaslike 4-dag reeks het die Dolphins ook ’n groot oorwinning behaal toe hulle die Knights op die Mangaung Oval met 279 lopies gelooi het.
Sarel Erwee wat ’n paar dae gelede onder die valbyl van die Proteas nuwe hoofafrigter Shukri Conrad deurgeloop het, het met ’n puik 132 lopies gewys dat hy weer vir die nasionale span wil speel terwyl Khaya Zondo wat ook ’n kruisie agter sy naam van Conrad gekry het self kon spog met sy 55 nie uit nie in die Dolphins se 2de kolfbeurt.
Die Natallers het aan die Knights ’n teiken van 425 gestel maar Protea en Speler-van-die-Wedstryd Keshav Maharaj het die tuisspan se droom om ’n oorwinning te behaal laat verkrummel met skitter boulwerk.
Hy het in die 1ste beurt 5 kolwers laat terugstap en dit opgevolg met 6 in die 2de vir ’n wedstrydontleding van 11 / 105.