KRIEKET – In die plaaslike KSA 4-dag reeks is die Dolphins in ’n goeie posisie teen die Knights op die Mangaung Oval In Bloemfontein.
Die Natallers het 1ste gekolf en was almal terug in die kleedkamer vir 253 lopies grootliks te danke aan die Knights se nuwe Protea speler Gerald Coetzee. Hy het gewys dat sy insluiting in die Proteas span geregverdig is toe die Bloem Blits 5 / 56 laat kantel het.
Die Knights het goed begin maar die Protea draaier Keshav Maharaj het behoorlik die krane toegedraai en ook self gespog met 5 stokke vir 62 lopies voordat die Vrystaters net 165 bymekaar kon skraap.
Die Dolphins sal later vanoggend kom voortkolf op 37 sonder die verlies van ’n paaltjie op Dag 3 met ’n voorsprong van 125 lopies.