KRIEKET – Die KSA Eendagbeker-wedstryd tussen die Knights en die Rocks wat gister in Bloemfontein gespeel is het goeie krieket opgelewer waar die besoekers die wedstryd maklik gewen het met 85 lopies.
Die Rocks het eerste gekolf en ’n reuse telling van 333 / 6 aangeteken met Janneman Malan wat gekook het met 88 lopies asook Michael Copeland en Ferisco Adams met warrelwind beurte van onderskeidelik 67 en 63 terwyl Aubrey Swanepoel die Knights se beste bouler was met syfers van 1 / 37 in sy 10 beurte.
Die Vrystaters se kolfbeurt het weereens wankelrig begin en ook geëindig. Net Pite van Biljon met 44, Patrick Botha se 41 en Aubrey Swanepoel wat aan die einde ’n vinnige 48 lopies geslaan het was opgewasse teen die Rocks se boulers en was die span uitgehaal vir 248 in die 46ste boulbeurt.
Die Knights is weer môremiddag teen die Lions in aksie met die wedstryd wat 13:00 begin op die Wanderers.