KRIEKET – Australië het sy plek in die halfeindronde van die WB -toernooi bespreek na nog ’n skitter vertoning deur Glen Maxwell vir die Aussies teen Afghanistan.
Afghanistan het 291 lopies opgetapel en het die Aussies in hul kolfbeurt laat steier op 91 / 7 maar Maxwell het met ’n briljante dubbel honderdtal van net 128 balle sy span oor die lyn gekry.
Die middelorde kolwer het deur die krampe geveg en kon op ’n stadium glad nie tussen die paaltjies hardloop nie maar nog steeds 21 viere en 10 sesse in sy beurt geslaan.
Die stryd vir die laaste plek in die top 4 sal nou tussen Nieu-Seeland , Pakistan en die einste Afganistan uitbaklei word.