KRIEKET – In die algemeen bekend as die “gentleman’s game” maar wat diè spel so uniek maak is die kuns van “sledging” wat veral deur die Aussies en spesifiek in hierdie geval deur een die bekende Waugh broers – Mark – bemeester is – of altans so het hy gedink..
In ‘n toets tussen Engeland en Australië het James Ormond kom kolf toe Mark Waugh vanuit die glippe uit dit duidelik aan diè kolwer gestel het dat hy nie eintlik goed genoeg was om sy land op hierdiè vlak te verteenwoordig nie.
Ormond het egter koel en kalm gebly en met sekerlik een van die beste terug-antwoorde ooit vorendag gekom:
“Dit mag moontlik waar wees maar ten minste is ek die beste speler in my familie!”