KRIEKET – Sri Lanka is tans stewig in die saal is na die 2de dag se spel in die 1ste krieket toets teen Bangladesh.

Sri Lanka is almal uitgehaal vir 397 in hul 1ste beurt met die ervare Angelo Matthews wat sy dubbel honderdtal met 1 lopie gemis het. Die 35-jarige veteraan is goed ondersteun  deur Mendis en Chandimal wat onderskeidelik 54 en 66 lopies bygedra het.

Bangladesh sal kom voortkolf op Dag 3 op 76 sonder die verlies van ‘n paaltjie nadat Mahmudul Joy en Tamim Iqbal die besoekers se boulers met versigtige kolfwerk frustreer het.

Diè toets eindig Donderdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×