KRIEKET – Australië het met ’n verwoestende kolfaanslag Nederland in die WB-kriekettoernooi met ’n rekord sege van 309 lopies verpletter.
Die Aussies het ’n reuse telling van 399 / 8 aangeteken. David Warner het nog ’n goeie honderdtal geslaan maar dit was Glen Maxwell wat met ’n nuwe wêreldrekord die oog gevang het.
Maxwell het die vinnigste 100-tal in Wêreldbeker-geskiedenis geslaan toe hy diè magiese 3-syfers van net 40 balle aangeteken het. Hy was uiteindelik uitgehaal vir 106 van 44 aflewerings en sy beurt het 9 viere en 8 sesse ingesluit.
Daarna het Nederland se kolfbeurt ook in duie gestort en was die Oranje span almal terug in die kleedkamer vir net 90 lopies.
*In vandag se bepalings speel die verdedigende kampioen Engeland teen Sri Lanka met diè wedstryd wat 10:30 vanoggend begin.