Die bestuur van die Melbourne Krieketklub het die dreunsang van Australiese toeskouers ten sterkste veroordeel gedurende die vierde Toetswedstryd tussen Australië en Indië.
In die toets in Melbourne, wat Australië met 184 lopies gewen het, het toeskouers ‘n dreunsang gemik op Indiese ondersteuners.
In die lied vra hulle, “Waar is jou visum”?
Indiese media het die dreunsang as pure rassisme beskryf.
Die MCG se woordvoerder sê dat hulle baie teleurgesteld is in die voorval op dag vyf, veral na toeskouers in goeie gees die krieket gekyk het op in die vier dae voor dit.