MI Cape Town het hul plek bespreek in die eindstryd van die SA20-reeks nadat hulle die Paarl Royals pakslae gegee het met 39 lopies op St. Georges Park in Gqeberha.
Die Kapenaars se openingskolwers Rassie van der Dussen en Ryan Rickelton het weer die platform vir ’n groot totaal gelê na hul eerste paaltjie vennootskap van 87 in 56 aflewerings. Die jong Dewald Brevis het ook skitterend gekolf vir sy 44* wat vier sesse ingesluit het en sy span in staat gestel het om 199 / 4 op die telbord te plaas.
Die Royals se gevaarman Lhuan-dre Pretorius was vroeg uitgehaal vir 15 deur Kagiso Rabada terwyl die res van die kolwers ook nie die mas kon opkom nie en was almal terug in die kleedkamer vir 160 lopies.
Die Royals kry nog ‘n kans om vir die eindstryd te kwalfiseer en sal nou moet wag om te sien wie hul opponent in die laaste kwalifiserings-wedstryd gaan wees tussen die verdedigende kampioen die Sunrisers Easterns Cape en Joburg Super Kings wat Woensdag op SuperSport Park beslis sal word.