MI Cape Town het die SA20 groeprondes afgesluit deur die Pretoria Captials op Nuweland gister gemaklik met 95 lopies te klop.

Die tuisspan se aanvangskolwers Sediqullah Atal en Connor Esterhuizen het die Capitals oral oor die veld heen gejaag met ‘n 133 lopie vennootskap voor Atal sy paaltjie verloor het.

Die Capitals was ’n teiken van 202 gestel maar was almal terug in die kleedkamer vir slegs 106 lopies.

Met diè oorwinning het MI Cape Town verseker dat hulle eerste eindig op die SA20 punteleer wat ‘n groot omkeer is nadat hulle die afgelope twee seisoene heel laaste geëindig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×