MI Cape Town het Saterdagaand vir die heel eerste keer die SA20-titel gewen nadat diè Kaapse franchise die verdedigende kampioen die Sunrisers Eastern Cape met 76 lopies vanaf hulle troon kon lig op die Wanderers.
MI Cape Town het ’n wentelling van 181 / 8 opgestapel en daarna SEC almal uitgehaal vir slegs 105 lopies.
Marco Jansen was die Speler van die Toernooi en Bouler van die Seisoen terwyl die jong Lhuan-dre Pretorius as Kolwer van die Toernooi aangewys is.
*13 gelukkige toeskouers het ook na afloop van die SA20-reeks elkeen met byna R154 000 weggestap nadat hulle een hand vangskote gedurende die toernooi oor verskeie stadions in die land kon benut het waar ’n boerpot van R2 miljoen op die spel was.