MI Cape Town het die verdedigende SA20-kampioen die Sunrisers Eastern Cape uit die pad gevee in wedstryd nommer 25 van diè opwindende reeks om met 10 paaltjies op Nuweland te seëvier.

Die besoekers het eerste gekolf en was met vier aflewerings van die beurt oor terug in die kleedkamer vir net 107 lopies. Die Sunrisers se David Bedingham het ’n alleenstryd gevoer met 45 terwyl MI Cape Town se Corbin Bosch sy beste boulsyfers in die reeks behaal het met ’n ontleding van 4 / 19 in 3.2 beurte.

Die tuisspan se briljante kolfduo Rassie Van Der Dussen en Ryan Rickelton het soos ’n tipiese Kaape Suid-Ooster die Surisers se boulers in al vier windrigtings ingeslaan met ’n vennootskap van 110 lopies en die wenteiken na slegs 66 aflewerings bereik.

In Donderdag se bepalings speel die Paarl Royals teen die Joburg Super Kings met diè kragmeting wat op die Wanderers beslis word.

*Temba Bavuma sê die feit dat die Wêreldtoets kampioenskap eindstryd op Lord’s gespeel word maak die wedstryd soveel meer spesiaal en moedig Suid-Afrikaners aan om kaartjies te kry om deel te wees van ‘n onvergeetlike week van toetskrieket.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het bevestig dat kaartjies reeds Vrydagmiddag om 12:00 beskikbaar sal wees om te koop met ‘n eksklusiewe prioriteit venster van 48 uur vir ondersteuners wat reeds Woensdag oopgemaak het.

Die eindstryd tussen die Proteas en  Baggy Greens  sal van 11 Junie beslis word.

** Die halfeindrondes van die o/19 Wêreldbeker-toernooi vir vroue word ook Vrydag beslis. Die Proteas speel eerste teen Australië op die Bayuemas Ovaal in Kuala Lumpur terwyl Indië en Engeland ook later op dieselfde veld in aksie sal wees. Die wedstryde begin onderskeidelik 04:30 en 08:30 (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×