KRIEKET – Die voormalige Knights snelbouler Migael Pretorius is in die Proteas se toergroep ingesluit wat in 2 toetse teen die Wes-Indiese Eilande in aksie sal wees.
Pretorius vervang Gerald Coetzee wat in die Amerikaanse Major League Cricket-reeks beseer is weens ‘n syspierbesering en nie die groenlig van die Proteas se mediese span vir diè Karibiese ekskursie kon kry nie.
Pretorius – wat tans by die Dragons gekontrakteer is – het die afgelope seisoen graafskap krieket in Engeland gespeel.
*Die Proteas word deur Temba Bavuma aangevoer terwyl die Knights se draaibalster Dane Piedt ook in die groep ingesluit is.