KRIEKET – Oud Protea-kaptein Mignon du Preez sal ook hierdiè seisoen vir die Vrystaat vroue krieketspan beskikbaar wees.
Die 34-jarige Du Preez wat uit al 3 internasionale formate getree het is tot op hede die voorste lopiemaker in eendagwedstryde waar sy 3760 lopies ingeryg het in 154 wedstryde.
Du Preez sal haar die naweek by die span in Gauteng aansluit vir hul wedstryd teen die Lions.
Na die afhandeling van die Big Bash-liga in Australië wat op 19 Oktober begin is sy weer beskikbaar vir die oorblywende wedstryde in die plaaslike reeks.