KRIEKET:  Nederland het sy T20 Wêreldbeker-veldtog op ’n wennoot begin nadat die Oranje Masjien met 6 paaltjies teen Nepal koning gekraai het.

Nederland se boulers was absoluut briljant gewees en het Nepal tot 106 almal uit beperk. Die naatbouler Logan van Beek en draaier sowel as Speler-van-die-Wedstryd Tim Pringle het 3 paaltjies elk vir onderskeidelik 18 en 20 lopies platgetrek en is ook goed ondersteun deur Paul van Meekeren en Bastiaan de Leede wat tussen hulle 4 kolwers laat terugstap het vir 41.

Nederland se ervare openingskolwer Max O’dowd het die beurt geanker met ’n onoorwonne 54 terwyl Vikramjit Singh ook 22 lopies kon bydra.

In die ander kragmeting van die dag het Skotland se kolwers die verdedigende kampioen Engeland groot laat skrik voordat reën die laaste sê gehad het.

Die openinspaar Henry Munsey en Michael Jones het die Engelse boulers kasty en 90 lopies in 10 beurte ingesamel voordat die spelers die veld moes verlaat.

 *Indië begin hul aanslag op die titel vandag wanneer hulle teen Ierland om 16:30 in die Modular Stadion in New York gaan uitstap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×