KRIEKET – Die Proteas se voorslagbouler Anrich Nortje sal vir  2de keer agtereenvolgende keer ’n krieket Wêreldbeker-toernooi weens ’n besering misloop.

Nortje het ’n spasma in sy lae rug opgedoen en diè besering het weer opgevlam in die reeks teen Australië en hom genoodsaak om sy vliegkaartjie na Indië te kanselleer waar sy plek moontlik deur Lizaad Williams ingeneem sal word.

In 2019 het ’n fratsbesering hom uit die wêreldskouspel in Engeland gehou toe hy sy duim met ’n boulmasjien beseer het en Chris Norris sy plek toe moes inneem.

Die Wêreldbeker-toernooi begin op 5 Oktober met Engeland en Nieu-Seeland wat in die openingswedstryd sal speel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×