Die derde T20-kragmeting tussen die Proteas en Pakistan op die Wanderers in Johannesburg is weens swaar weer en reën afgelas – sonder dat ‘n enkele bal geboul is.
SABC-sport berig die Suid-Afrikaners het wel die reeks beklink toe hulle die tweede wedstryd op Supersportpark in Pretoria met sewe paaltjies gewen het.
Die eerste eendagwedstryd van die toer vind Dinsdag in die Paarl plaas, die tweede Donderdag in Kaapstad en die derde – die “pienk wedstryd vir borskanker” – Sondag op die Wanderers in Johannesburg.
Die eendagwedstryde word deur twee toetse gevolg wat onderskeidelik op 26 Desember en 3 Januarie begin.