Nieu-Seeland het skoonskip gemaak in die reeks teen Indië nadat die Swart Pette vir die eerste keer in 69 jaar Indië op hul tuisveld kon klop.

Indië is ’n teiken van 146 gestel op ’n kolfblad wat vol streke was maar is op dag drie vir slegs 121 uitgenkikker.

Die Speler van die Wedstryd, Ajaz Patel, was die Swart Pette se groot held nadat diè linkerhandse draaier 11 paaltjies geneem het vir slegs 160 lopies.

Die laaste keer waar Indië ’n tuisreeks verloor het dateer terug na 2000 toe die Proteas ’n twee wedstryd-reeks gewen het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×