KRIEKET – Nieu-Seeland bevind hulself tans bo-aan die punteleer in die Wêreldbeker-toernooi nadat hy Nederland maklik met 99 lopies kon klop.

Die Black Caps het 322 / 7 aangeteken met goeie bydraes van Will Young , Rachin Ravindra en Thomas Latham.

Die Oranje span kon daarna net 223 bymekaar maak met Colin Ackerman wat ’n alleenstryd gevoer het met 69. Die linkerhandse draaibouler van Nieu-Seeland Mitchell Santner was skitterend op dreef en het 5 kolwers laat terugstap vir 59.

In vandag se bepalings speel die verdedigende kampioen Engeland teen Bangladesh terwyl Pakistan en Sri Lanka ook in askie sal wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×