Nieu-Seeland het Pakistan oorheers met ‘n verpletterende sege van nege paaltjies in die eerste T20 van die reeks in Christchurch.
Pakistan wat onder die nuwe kaptein Salman Agha speel het hul laagste T20-totaal in Nieu-Seeland aangeteken toe hulle vir slegs 91 lopies uitgehaal is. Die Swart Pette se aanvangsboulers Kyle Jamieson en Jacob Duffy het tussen hulle sewe kolwers laat terugstap kleedkamer toe vir slegs 22 lopies.
Nieu-Seeland se aanvangskolwer Tim Seifert het die jaagtog gelei met ‘n blitsige 44 van 29 balle voordat Finn Allen en Tim Robinson die oorwinning beklink het met ‘n vennootskap van 39 lopies.
Die tweede wedstryd in die reeks van vyf word Dinsdag in Dunedin beslis.