KRIEKET   – Die Northern Cape Heat  het sy meerdagtitel in Afdeling 2 van KSA se 4-Dag Reeks behou toe hy die Knights  Dinsdag met 4 paaltjies in Kimberley geklop het.

Die Noord-Kapenaars is ’n wenteiken van 126 gestel en het in die middagskof hul 3de agtereenvolgende titel ingepalm.

*Die Knights sal nou egter hul fokus na die T-20 reeks verskuif en is op 25 punte die voorlopers gevolg deur Noord-Kaap tans op 16. Die liga-wenner kry 20 punte en die Bloemfonteiners benodig net ‘n 3de plek of beter om dan weer volgende seisoen hul plek in Afdeling 1 in te neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×