KRIEKET – Die Northern Champions het hul titel van die KSA se Cubs-krieketweek vir o.19 spanne suksesvol verdedig nadat die Gautengers met 143 lopies oor die Southern Stars op die laaste dag by die Coetzenburg Ovaal in Stellenbosch geseëvier het.
Die wenspan het ook die grootste telling van die week naamlik 307 / 6 in hul 50 beurte opgestapel met uitstaan beurte van Marcus Bakker met 93 sowel as Divan de Villiers en Juan Steyn wat onoorwonne was op onderskeidelik 58 en 36.
Die Champions se snelbouler Tristan Luus het die meeste skade met die bal aangerig en 3 kolwers laat terugstap vir net 26 terwyl William Tshoke Luus se boulsyfers gedupliseer het en die einste Bakker ook daarna 2 / 13 kon plattrek.