Krieket Suid-Afrika het ‘n opwindende skedule aangekondig vir die Protea vroue tussen 2025 en 2029.
Die Suid-Afrikaanse vroue sal gasheer speel vir toere van Indië, Australië, Pakistan en die Wes-Indiese Eilande en gaan ook verder toere onderneem na Engeland, Nieu-Seeland, Bangladesh en Zimbabwe.
Die 2029 Krieket Wêreldbeker vir vroue word ook na 11 spanne vergroot waar Zimbabwe hulle debuut in diè toernooi sal maak.