Die Paarl Royals het ietwat van sy verlore aansien herwin nadat hulle die voorloper in die SA20-kompetisie MI Cape Town Woensdagaand op Boland Park in Wellington met 6 paaltjies uitoorlê het.

Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en ’n gemiddelde telling van 158 kon opstapel met Rassie van der Dussen wat onoorwonne was met sy telling op 91 lopies.

Die Royals se aanvangspaar van Joe Root en die 18-jarige Lhuan-dre Pretorius het hul span weer ’n goeie wegspring gegee maar dit was die skitterende Pretorius wat weereens bewys het dat hy klop aan die deur van die nasionale span nadat hy weer in ’n japtrap 83 lopies bymekaar gemaak het. Sy beurt het agt viere en drie sesse ingesluit.

*In wedstryd nommer 10 wat Donderdagmiddag op die Wanderers gespeel word sal die strydbyle tussen bure die Joburg Super Kings en Pretoria Capital weer uitgehaal word en beloof vir heelwat opwinding waar toeskouers wat ook ’n vangskoot met een hand benut hul naam in die boerpot van R2 miljoen kan gooi wat aan die einde van diè kompetisie aan die gelukkige wenners uitbetaal gaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×