KRIEKET  –  Die 1ste halfeindstryd in die T20 wêreldbeker toernooi is ook gister afgehandel waar Pakistan deurgedring het na die eindstryd toe hulle Nieu-Seeland baie maklik met 7 paaltjies op die SCG kon klop.

Die Black Caps het eerste gekolf en ‘n beskeie 152 / 4 aangeteken met kaptein Kane Williamson en Daryll Mitchell  wat die beurt aanmekaar gehou het met tellings van onderskeidelik 46 en 53 lopies.

Pakistan het nooit in die moeilikheid voor die paaltjies gelyk nie met Mohammed Rizwan en kaptein Babar Azam wat met ‘n 105 lopie vennootskap verseker het dat hul span moontlik Sondag as die nuwe wêreldkampioen gekroon kan word.

Die volgende halfeindronde wedstryd vind later vanoggend plaas tussen Engeland en Indië en begin 10:00 (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×