KRIEKET – Pakistan het Afghanistan ‘n krieketles in die 1ste eendag wedstryd in Hambantota geleer en maklik met 142 lopies gewen.

Pakistan het 1ste gekolf en ’n beskeie 201 in 48 beurte bymekaar gemaak. Die openingskolwer Imam ul-Haq het die beste gevaar en 61 daarvan bygedra.

Afghanistan se kolfbeurt van 59 kon geen weerstand bied teen die venynige boulwerk van Harris Rauf nie waar diè blitsbouler 5 / 18 in net 38 aflewerings kon plattrek .

Die 2de wedstryd in die reeks word Donderdag weer in die Mahinda Rajapaksa Internasionale Stadion gespeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×