KRIEKET – Pakistan het homself nog  ’n buitekans gegee om die halfeindronde in die WB-kriekettoernooi te haal na ‘n maklike oorwinning gister teen Bangladesh op Eden Gardens.

Die Tiere kon net ’n beskeie 204 aanteken terwyl die Pakistan blitsboulers Shaheen Afridi en Muhammad Wasim 6 paaltjies platgetrek het vir 54 lopies.

Pakistan se nuwe aanvangskolwers Zaman en Shafique het toe hul span op die wenpad geplaas met ’n vennootskap van 128 lopies waarna Rizwan en Ahmed die wenteiken bereik het in die 33ste beurt.

*In vandag se bepalings speel die Proteas teen Nieu-Seeland met die wedstryd wat ook om 10:30 vanoggend begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×