Pakistan het ’n puik terugvegpoging geloods teen die Proteas aan die einde van dag drie in die tweede toets wat op Nuweland in Kaapstad gespeel word.
Die tuisspan het ’n reuse telling van 615 in hul eerste beurt aangeteken met Ryan Rickelton , die kaptein Temba Bavuma en Kyle Verreyne wat die lopies laat vloei het. Rickelton het ’n manjifieke 259 vanaf 343 aflewerings aangeteken terwyl Bavuma en Verreyne ook met bydraes van 106 en 100 lopies kon spog.
Pakistan was in hul eerste kolfbeurt vir 194 uitgeknikker en is gevra om op te volg waar hulle teen uitskeityd op 213 / 1 geëindig het met Shan Masood en Mohammed Azam wat ’n rekord eerste paaltjie vennootskap van 205 bymekaar kon maak voordat Azam op 81 deur David Bedingham uitgevang is vanaf Marco Jansen se boulwerk.
Masood is nog steeds voor die penne op 102 en sal saam met die naguiltjie Khurram Shahzad Maandagoggend kom voortkolf nog 208 lopies agter die Proteas se eerste beurt telling met nege paaltjies staande.
Diè toets eindig Dinsdag.
*Die Proteas sal in Junie teen Australië op Lords te staan kom in die eindstryd van die Wêreld Toetskampioenskap nadat die Aussies Sondag vir Indië met ses paaltjies gewen het op die SCG in Sydney en diè reeks met 3 – 1 ingepalm het.