KRIEKET – Die Proteas met ’n spogvertoning die Nederlanders in die 2de eendagwedstryd gister op die Wanderers met 146 lopies geklop.

Die Suid-Afrikaners het 1ste gekolf en ’n reuse 370 / 8 opgestapel. Die in-vorm Aiden Markram het ’n beste telling van 175 die Nederlandse boulers verniel terwyl David Miller ook ’n puik beurt van 91 gespeel het.

Die besoekers se kolwers was van die 1ste bal af op die agtervoet  en was almal terug in die kleedkamer vir 239 lopies in die 40ste boulbeurt.

Die Proteas het ook na afloop van hul reeks oorwinning teen Nederland nou regstreeks gekwalifiseer vir die Wêreldbeker toernooi in Indië later vanjaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×