In wedstryd nommer vyf van die SA20-kompetisie is die Pretoria Capitals nog steeds segeloos nadat die kragmeting teen die Durban Super Giants op SuperSport Park sonder ’n enkele aflewering afgelas was.
Alle moontlike pogings is aangewend om as ’n laaste uitweg ’n vyf-boulbeurt wedstryd van stapel te stuur maar teen 18:36 het die skeidsregters ’n finale besluit gemaak waar die punte gelykop tussen die twee spanne verdeel is.
Hierdiè wedstryd was ’n herontmoeting van Vrydagaand s’n waar die Capitals maklik moes wen maar op die ou einde met twee lopies verloor het.
*MI Cape Town is Maandagmiddag weer in aksie wanneer hy die Paarl Royals op Nuweland onder die spreiligte gaan aanvat.
Diè stryd begin om 17:30