KRIEKET – Die Protea boulers het swaar geleef teen Nieu-Seeland se kolwers op die eerste 2 dae van die 1ste toets op die Bay Oval.

Die Swart Pette was vroeër vanoggend almal uitgehaal vir ’n reuse totaal van 511 lopies. Die tuisspan het vroeg paaltjies verloor maar ’n vennootskap van 232 tussen Kane Williamson en Rachin Ravindra het sake vir die Kiwi’s weer reggetrek.

Willamson was uiteindelik uit vir 118 terwyl Ravindra ’n manjifieke beurt van 240 gespeel het. Die Suid-Afrikaanse kaptein Neil Brand was die beste bouler en het 6 / 119 platgetrek.

*Diè toets eindig Donderdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×