Die Protea-toetsspelers gaan hulself gereed kry vir die komende reeks teen Sri Lanka deur te speel in Krieket Suid-Afrika se meerdagreeks.
Tony de Zorzi, David Bedingham, Kyle Verreynne en Dane Paterson gaan van Donderdag vir die Westelike Provinsie in aksie wees.
WP speel gasheer vir die Warriors waar Matthew Breetzke en Senuran Muthusamy ook betrokke sal wees.
Volgens die afrigter van die Proteas se toetsspan Shukri Conrad sal sy spelers weer saamtrek vir ‘n twee-dae lange oefenkamp voor die reeks teen Sri Lanka wegtrek.