Die Protea vroue krieketspan het Vrydag vir Pakistan in die derde en laaste T20 wedstryd geklop en sodoende ook die reeks met 2-1 beklink.

Die Suid-Afrikaanse dames moes 153 lopies jaag vir ’n oorwinning en kon danksy Laura Wolvaardt se bydrae van 45, Anneke Bosch met 46 en Annerie Dercksen se onoorwonne 44 met agt paaltjies seëvier.

Dercksen het na die wen gesê dat die reeks goeie voorbereiding was vir Wêreldbeker.

LUISTER : Annerie Dercksen sê diè reeks was goeie voorbereiding vir die T20 Wêreldbeker toernooi wat op 3 Oktober in Dubai begin.

*Die Protea mans het so bietjie verlore aansien herwin toe hulle Afghanistan in die laaste eendagwedstryd met 7 paaltjies geklop het.

Die tuisspan was almal uitgehaal vir 169 waarna Suid-Afrika die wenteiken in die 33ste boulbeurt bereik waar Aiden Markram uitgeblink het met ’n onoorwonne 69 lopies.

Die Proteas pak Ierland volgende in ’n T20-reeks wat eerskomende Vrydag in Abu Dhabi beslis word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×