Suid-Afrika se vroue krieketspan het deurgedring na die halfeindronde van vanjaar se T20 Wêreldbeker-toernooi nadat die Wes-Indiese Eilande vir Engeland met ses paaltjies uitgestof het.

Engeland het  ‘n ondergmiddelde telling  van 141 / 7 aangeteken waarna diè eilandspan die wenteiken in die 18de boulbeurt bereik het danksy skitterende kolfwerk deur Hayley Matthews en Qiana Joseph wat 102 lopies om die eerste paaltjie opgestapel het vir ’n roemryke oorwinning oor die Engelse.

Australië wat onoorwonne was in hul vier groepwedstryde ontmoet die Proteas Donderdagmiddag om 16:00 (SA Tyd) in Dubai in die eerste halfeindronde waarna die einste Windies en Nieu-Seeland Vrydag dieselfde tyd sake sal uitspook in Sharjah in wedstryd nommer twee.

Die wenner van diè toernooi sal Sondagmiddag in die eindstryd in Dubai bepaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×