KRIEKET – Die Protea vrouespan het ook geskiedenis te maak deur Australië vir 1ste keer in ’n eendag wedstryd ore te ko aansit.
Die Suid-Afrikaners het gister ook met so bietjie hulp van Duckworth-Lewis en Stern die wêreld se nommer een span met 84 lopies getroef.
Die veelsydige Marizanne Kapp het geskitter met haar bydrae van 75 terwyl Anneke Bosch ook ’n waardevolle 44 aangeteken het om die Proteas na 229 / 6 te neem.
Daarna het Kapp ook 3 / 12 in haar boulskof platgetrek terwyl Eliz-Mari Marx , Nadine de Klerk en die 19-jarige debutant Ayanda Hlubi ook elk 2 paaltjies laat tuimel het en die Southerns Stars beperk het tot 149 almal uit in die 30ste beurt.
*Diè reeks is gelykop met 1 – 1 met die 3de en beslissende wedstryd wat Saterdag in Sydney gespeel word.