Die Protea vrouespan het vroeër vanmiddag ’n puik spanpoging van stapel gestuur om Sri Lanka in wedstryd nommer ses van die Driehoekige-reeks in Colombo met 76 lopies te klop.

Die besoekers was op ’n stadium kniediep in die moeilikheid op 85 / 5 maar ’n briljante 104 deur Annerie Dercksen en Chloe Tryon se bydrae van 74 lopies het die Proteas uiteindelik geneem tot 315 / 9  in hul 50 beurte.

Sri Lanka ’n stewige fondasie aan die begin van hul kolfbeurt gelê maar daarna het Tryon weer amok gemaak en vyf paaltjies laat kantel en gehelp dat die tuisspan almal terug in die kleedkamer was vir net 239 lopies.

Alhoewel Indië en Sri Lanka nou in Sondag se eindstryd sake sal uitspook sal diè  spogvertonining van Laura Wolvaardt se span hul meer vertroue gee wanneer hulle die Wes-Indiese Eilande volgende maand in ’n Eendag en T20-reeks gaan pak.

error: Inhoud is beskerm !!