Die Protea vrouespan het hul tweede agtereenvolgende nederlaag in Driehoekige-reeks teen Indië gelei toe Laura Wolvaardt se span met 15 lopies vasgeval het in Colombo.
Indië het die loot gewen en eerste gekolf en 276 / 6 op die telbord geplaas. Daarna het Wolvaardt en haar aanvangsvennoot Tazmin Brits met ‘n briljante openingsvennootskap van 140 lopies geantwoord.
Na hul vertrek het die res van die kolflys nie veel weerstand gebied nie en was die span almal uitgehaal vir 261 in die 50ste boulbeurt.
Die Proteas sal egter beter rekenskap van hulself in die 3de wedstryd wil gee wanneer hulle weer Vrydagoggend om 06:30 (SA Tyd) teen Sri Lanka te staan sal kom in die Premadasa Stadion.