Die Protea vroue het hul eerste wedstryd in die T20-reeks teen Engeland met 4 paaltjies verloor op Buffalo Park in Oos Londen.
Die Suid-Afrikaners het eerste gekolf en 142 / 5 aangeteken met Nadine de Klerk wat nie uit nie was op 29.
Die besoekers het daarna versigtig begin en die wenteiken met vier aflewerings oor bereik. Natalie Sciver-Brunt het Engeland se beurt geanker met 59 lopies wat sewe viere ingesluit het.
Die volgende wedstryd word Woensdag in Benoni gespeel.