Die Protea vrouespan het uit stoom gehardloop in hul derde kragmeting in die driehoekige-reeks teen Indië en met 23 lopies kort vasgeval.
Indië het eerste gekolf en ’n stewige 337 / 9 in hul 50 beurte opgestapel met Jemimah Rodrigues en Deepti Sharma wat onderskeidelik 123 en 93 aangeteken het.
Die Proteas se Annerie Dercksen en Chloè Tryon het die pot aan die kook probeer hou met tellings van 81 en 67 terwyl die 20-jarige debutant Mianè Smit en oudleerling van die Hoër Meisieskool Oranje op drie uitgestap het en 39 agter haar naam kon voeg.
Alhoewel die Proteas nie meer vir Sondag se eindstryd kan kwalifiseer nie sal die dames vir trots en eer speel wanneer daar Vrydag vir oulaas teen Sri Lanka op die veld gestap sal word.