Die Protea vroue krieketspan se droom om ’n T20 Wêreldbeker-toernooi te wen is bewaarheid nadat ’n skitterende kolfvertoning deur Anneke Bosch wat onoorwonne was op 74 en Laura Wolvaardt met 42 die verdedigende kampioen Australië in Dubai met agt paaltjies geklop het.
Die Aussies het eerste gekolf en kon net 134 / 5 opstapel gerugsteun met ‘n goeie boulvertoning deur veral Ayabonga Khaka wat 2 / 24 kon plattrek.
Nadat Tazmin Brits vir 15 uitgehaal is het Wolvaardt en Bosch met ’n vennootskap van 95 hul span help deursien na Sondag se eindstryd.
Die Proteas sal nou moet wag om te sien wie hul teenstanders In Dubai gaan wees wanneer die Windies teen Nieu-Seeland later vandag sake in Sharjah gaan uitspook.