Die Protea vroue het die eerste eendagwedstryd teen Engeland Woensdag in Kimberley met 6 paaltjies gewen.

Die besoekers kon net 186 bymekaar maak terwyl Marzanne Kapp en Annerie Dercksen die beste boulers was en ses paaltjies tussen hulle vir 40 lopies platgetrek het.

Die Suid-Afrikaners het goed begin met kaptein Laura Wolvaardt en Nadine de Klerk wat uitgeblink het met onoorwonne beurte van 59 en 48  en het die wenteiken in die 39ste boulbeurt bereik.

Die tweede wedstryd word Sondag op Kingsmead in Durban beslis.

*Suid-Afrika se mansafrigter Rob Walter het ‘n 15-tal aangewys vir die T20-tuisreeks van drie wedstryde teen Pakistan.

Heinrich Klaasen sal die Proteas aanvoer in die afwesigheid van die gereelde kaptein Aiden Markram wat tans in die toetsreeks teen Sri Lanka betrokke is.

Die T20-wedstryde vind op 10 Desember in Durban , 13 Desember in Centurion en 14 Desember in Johannesburg plaas.

error: Inhoud is beskerm !!